Mosselbaai Motors bestaan al reeds sedert 1971 en ons streef daarna om die beste gebruikte voertuie te verkoop.
Dis juis as gevolg van die strewe dat ons grootste sukses uit ons na-verkope diens kom wat keer op keer lei tot herhalende besigheid in Mosselbaai en ook die res van Suid Afrika.
Ons voertuie ondergaan ‘n intensiewe 80 punt toets voor dit aan die publiek bekend gestel word. Juis daarom het Mosselbaai Motors van die minste na-verkoop probleme en baie gelukkige kliente wat keer op keer by ons aanklop vir hulle volgende voertuig.
Ons het ook ons eie finansiele verteenwoordiger op ons perseel wat goedgekeur is by al die groot finansiele instellings. Ons FNI sorg dat ons kliente die beste transaksie by die banke kry as ook die beste dekking by die versekeringsmaatskappye.
Mosselbaai Motors se verkoopspersoneel is opgelei om jou die diens te bied wat jy vereis en seker te maak jy kan jou voertuig so spoedig as moontlik kry.
10 Industrie Road, Voorbaai, Mossel Bay
Western Cape, 6500